Die afgelope tyd is daar dikwels berig oor die wettiging van dagga. Party wil dit net gewettig hê vir medisinale doeleindes, in die vorm van ’n vloeistof wat pasiënte drink, terwyl ander wil hê die regering moet ook die sosiale rook daarvan wettig.

In ’n onlangse studie aan die Universiteitshospitaal van Düsseldorf het wetenskaplikes bevind jy kan jou lewe kortknip wanneer jy dagga rook. Hulle sê die daggawalms kan jou hart óf te vinnig óf te stadig laat klop en gevolglik gaan staan dit heeltemal.

Dié sogenaamde hart-aritmie word volgens die navorsers veroorsaak deur dagga, aangesien die pasiënte kort voor hul dood die dwelm gerook het en nog nooit voorheen enige hartprobleme gehad het nie.

Verskeie studies het al ’n verband bewys tussen dagga en Alzheimer se siekte, depressie en skisofrenie.

Bronne: Newscientist.com, Dailymail.co.uk.