’n Veiligheidswag het die baba in die veld naby die stadion se hoofingang gevind. Paramedici is omstreeks 17:25 ontbied, het ER24-woordvoerder Annine Dormehl in ’n verklaring gesê.

Die babameisie het hipotermie gehad. Sy het waarskynlik vir twee tot drie ure in die reën gelê.

Paramedici het dadelik vir die baba droë klere aangetrek en haar na die Emalahleni private hospitaal geneem.

Annine het bygevoeg dat die baba vermoedelik in ’n hospitaal gebore is, maar geen identifikasie is saam met haar gevind nie.

Die polisie is intussen ook in kennis gestel.

Paramedics immediately changed her into dry clothes and took her to Emalahleni Private Hospital.

Bron: News24