Dit het alles deel gevorm van ons plan om Huisgenoot se eeuwording met ’n groot bohaai te vier. En boonop met ’n eietydse romantiese drama vol lief en leed en naelbyt- en skaterlagoomblikke om te bewys ons is eintlik 100 jaar jonk.

Kwalik vier maande nadat die verhale ingestroom het, het ons geweet ons het ’n wenner: Sampie en Irma de Klerk se romanse vol onverwagte kinkels en skreeusnaakse oomblikke. Sy die wilde kaalvoetmeisiekind, hy die kwaai seuntjie wat haar met modderkluite bestook het . . .

Lees ook: Irma en Sampie se storie.

Nou word naarstiglik aan die fliek geskiet. En jy kan maar regskuif, want Vir Die Voëls gaan jou hart in ’n wip vang, die trane van vreugde en hartseer laat loop en jou uit die diepte van jou maag laat skaterlag.

Van Dinsdag 24 Mei gaan ons elke dag ’n minuutlange videogreep wat tydens die verfilming geneem is, met julle deel.

Terloops, merk nou al die dag in jou dagboek, want 25 November is die groot dag wanneer die voëls in jou hart gaan kom nesskop.

Hier’s die eerste lusmakertjie, met Simoné Nortmann in die rol van Irma. Simoné was veral gewild in die rol van Nadia Croukamp wat sy in 7de Laan vertolk het.

Ander stories op Huisgenoot.com

Dié skokoomblikke het sepie-kykers onlangs in hul macaroni en kaas laat stik

Moedelose ma smeek om antwoorde in ’n brief oor haar toesigstryd

Jurie Els vertel van sy groot hartseer ná SA vrou op berg Everest sterf

EKSKLUSIEF: Gospelsanger Stella slaan asems weg met nuwe musiekvideo

‘Ek is klaar met seuns!’: Tiener deel haar skreeusnaakse dagboek van toe sy sewe was