Ard Matthews van Just Jinjer en sy verloofde, die model Landi Swanepoel, het hulle troue uitgestel.

“Ons voel daar is geen rede om haastig te wees met die troue nie,” sê Landi.

“Ons sou in Januarie vanjaar getrou het, maar ons geniet dinge soos dit nou is en ons is albei baie besig. Ons het nie tyd gehad om ‘n troue te beplan nie!”

Ard was inderdaad bedrywig. Hy het onder meer sy ma, Arlene, gehelp om ‘n gospel-album op te neem. “Die liedjies is regtig oulik en ek sing saam in die agtergrond,” sê hy.