Vra maar vir enigeen wat al daardie sagte oë en lang wimpers van naderby beskou het!

Maar gaan jou nageslag wel dieselfde voorreg eerstehands kan ervaar? Terwyl verskeie geldige en noodsaaklike veldtogte die afgelope paar jaar van stapel gestuur is om nog twee kosbare bedreigde spesies -- die renoster en die olifant -- van uitwissing te red, verdwyn kameelperde so stil-stil onder die wêreld se neus.

Volgens statistiek was daar in 1985 tussen 151 000 en 163 000 kameelperde. Binne 30 jaar het die getalle tot ’n skokkende 97 562 gekrimp!

Terloops, in hierdie stadium oortref olifantgetalle dié van kameelperde viervoudig.

Dit het daartoe gelei dat kameelperde hul nou op die internasionale vereniging vir natuurbewaring (IUCN) se gewraakte Rooi Lys van bedreigde spesies bevind.

Die kameeelperd, die enigste soogdier wat vanjaar tot die lys gevoeg is, se status is van "minste bekommerd" tot "kwesbaar" opgegradeer.

Julian Fennessy en Noelle Kumpel, mede-voorsitters van ’n groep bioloë wat daartoe bygedra het dat die kameelperd se dalende getalle onder die IUCN se aandag gebring word, beskryf die dalende getalle as ’n "swyende uitsterwing".

Suid-Afrikaners is oor die algemeen betreklik bederf deur ’n kameelperd of twee in lewende lywe te sien. Daarom is dit moeilik om te dink dat hulle eintlik nie so volop is nie.

Bevolkingstoename, verlies aan habitat en onwettige jagtogte en stropers word as van die hoofredes genoem vir die radikale afname in kameelperdgetalle.

Die ongewone grootte en vorstelike houding maak van kameelperde ’n gunsteling onder stropers. Hulle word met staaldraad-valle vanaf boomtakke geteiken of andersins bloot net doodgeskiet.

Dr. Derek Lee, stigter van die Wild Nature-instituut, beskou stropery en verminderde habitat as ewe gevaarlike bedreigings vir die voortbestaan van kameelperde.

Hy stel voor dat regerings en organisasies strenger teen stropers moet optree en wetgewing ter beskerming van wild moet toepas.

12 kitsfeite oor kameelperde

1. Waarom word die dier ’n kameelperd genoem? Die Latynse naam Giraffe Camelopardalis beteken "een wat vinnig loop, ’n kameel wat merke soos 'n luiperd het". 2. Daar is nege verskillende kameelperdspesies. Drie uit die nege toon groei in aanwas, vyf se getalle daal en een spesie bly stabiel.
3. ’n Pasgebore baba-kameelperd is reeds langer as die gemiddelde mens. 4. Boonop beskik hulle oor ’n unieke vermoë wat selfs vir NASA van hulp is in die ruimte. Die vinnige vloei van bloed deur hul are stel die baba in staat om feitlik onmiddellik na geboorte te kan staan. NASA het die "laer-liggaam negatiewe druk"-proses ontwikkel wat dieselfde taak verrig vir ruimtemanne in die ruimte sodat die are in hul bene vorm behou.
5. Kameelperde spandeer die grootste deel van hul lewe staande; selfs wanneer hulle slaap en geboorte skenk.
6. Hulle is oor die algemeen sagmoedige, vreedsame diere. Manlike kameelperde mag aggressie teenoor mekaar toon waartydens hulle hul nekke teen mekaar kap.
7. ’n Kameelperd se kolle is net so uniek soos ’n mens se vingerafdrukke.

8. Selfs nie die vlymskerp akasia-dorings is bestand teen ’n kameelperd se 45 cm-lange tong nie.

[caption id="attachment_149757" align="aligncenter" width="600"]Foto: pixabay.com Foto: pixabay.com[/caption] 9. Hul bekom die meeste van hul vloeistof uit die plante wat hul eet en drink oor die algemeen net een keer ’n dag water.

  10. Bioloë bestempel kameelperde se spoed as vinnig tot skrikwekkend-vinnig. ’n Flinke stappie vind plaas teen sowat 15 km per uur en volspoed laat die naald op tot 56 km per uur vashaak.

A photo posted by Süddeutsche Zeitung (@sz) on

11. Hul kragtige bene eindig in ’n hoef, gemiddeld 30 cm in omtrek. Anders as die meeste ander diere kan ’n kameelperd in enige rigting skop en dis dodelik genoeg om ’n leeu te dood, selfs te onthoof.

12. ’n Kameelperd se gemiddelde lewensverwagting is 25 jaar, en hul lengte wissel van 4-6 m hoog en hul gewig van 28 000 tot 44 800 kg.

Bronne: iucnredlist.org, sciencedaily.com, abcnews.go.com, nyt.com, onekind.com, listverse.com, nationalgeographic.com