[caption id="attachment_64359" align="aligncenter" width="450"]Leonardo en Carey Mulligan in The Great Gatsby Leonardo en Carey Mulligan in The Great Gatsby[/caption]

    1. Sy oë. Daardie pragtige oë is soos ’n kalm see.
    2. Hy het ons in die rolprent Titanic verlief laat raak op die karakter van Jack Dawson. Hy was spontaan, pret, gevat en ons wou almal sy Rose wees.
    3. Hy kry die na-die-kant-gekamde/agtertoe-gekamde haarstyl perfek reg.
    4. Hy was so ’n oulike kinderster. Hy het sy loopbaan op TV begin toe hy net vyf jaar oud was.
    5. Hy raak ál beter en lyk ál begeerliker. Hy is 39 jaar oud en nog vuurwarm.
    6. Die man het styl. Hy hoef nie eens baie hard te probeer nie. Hy kan jeans en ’n trui dra en net so aantreklik soos altyd lyk.
    7. Leo maak erns met die bewaring van die omgewing en diere. In November 2010 het hy $1 000 000 aan ’n vereniging vir natuurbewaring geskenk. Hy was in 2007 ook die skepper en vervaardiger van die dokumentêr The 11th Hour oor die stand van die natuur.
    8. Hy is ’n uitstekende akteur en weet hoe om sy draaiboeke te kies. Hy het opgetree in merkwaardige en sterk rolprente, soos Titanic, Blood Diamond en Django Unchained.
    9. Hy ken sy passies op die dansbaan. Tog is ons nie seker of hy al gereed is om aan die program Dancing with the Stars deel te neem nie. Kyk na hom in die fliek The Wolf of Wall Street:

10. Hy het ’n goeie oog vir pragtige vroue. Hy het glo al uitgegaan met die modelle Gisele Bündchen en Bar Refaeli, asook die aktrise Blake Lively. *Sug* Hoe wens                                 ons nie ons was op daardie lysie nie!

[post-slider]

Bronne: www.imdb.com; www.aceshowbiz.com