[caption id="attachment_120970" align="alignnone" width="600"]Dié toneel het hom in Januarie 2016 afgespeel toe 'Pastoor 007' die vermeedne swendelaar help vastrek het. Foto’s: Jacques Myburg Dié toneel het hom in Januarie 2016 afgespeel toe 'Pastoor 007' die vermeedne swendelaar help vastrek het. Foto’s: Jacques Myburg[/caption]

Huisgenoot het in Januarie berig hoe Johan du Toit, ’n pastoor van Bellville, na bewering soos ’n wafferse dubbel-agent die verdagte se vertroue gewen het en hom toe na die Spur gelok het om hom aan die polisie oor te lewer

Lees ook: Huisgenoot-joernalis dáár toe pastoor sy lyf 007 hou

Michael Jantjies, wat aangekla word van bedrog, is Dinsdag deur een van sy vermeende slagoffers mislei. ’n Vrou het hom na ’n bank in Brackenfell gelok waar die polisie hom in hegtenis geneem het.

Die vrou wou nie met Huisgenoot praat nie, maar volgens ’n anonieme bron van die polisie, het sy aan Michael R100 000 belowe en gesê hy moet na die bank kom om dit te kom haal, die polisie het daar vir hom gewag.

Volgens Johan, die pastoor wat hom destyds vasgetrek het, prooi hy glo op weerlose vroue wat desperaat is om eiendom te koop.

“Hy gee voor dat hy vir die munisipaliteit werk en kan vir hulle eiendom teen ’n billike prys kry.

Lees ook: Erik Holm: ‘As ek die glasvenster kan breek, sal ek weer loop’

“Hy vra dan vir ’n deposito en sodra die deposito inbetaal word, vat hy die pad,” sê Johan.

Johan het van Jantjies te hore gekom toe ’n vrou in sy gemeente hom vertel het hoe Michael haar na bewering ingedoen het.

Debra Blake, ’n inwoner van St. Helenabaai, beweer Michael het haar met dieselfde truuk gevang.

“Michael het voorgegee hy is verlief op my en ook goedkoop eiendom aan my belowe.

“Ek het R55 000 se deposito aan hom betaal waarmee hy weg is.”

Lt.kol. André Traut, polisiewoordvoerder, het die voorval Dinsdag bevestig.

“Die verdagte is in hegtenis geneem na hy met ’n vals identiteit die vrou aanlyn ontmoet het en geld by haar probeer steel het.”

Jantjies het Donderdag in die landdroshof op Kuilsrivier verskyn op aanklag van bedrog.

– Jacques Myburgh

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Wêreldmonumente verlig ter ondersteuning van Brussel

Brussel-bloedbad: ‘Ek het foto’s geneem, ek het nie geweet hoe om die mense te help nie’

Suid-Afrika ‘nie immuun teen terreur’

Ontploffings ruk Brussels-lughawe: Talle beseer, honderde vasgekeer