Die jongste optiese illusie wat oral versprei word, is hierdie skynbaar doodgewone baksteenmuur. Maar daar steek meer daarin.

“Dit is een van die beste optiese illusies wat ek nog gesien het,” skryf Arron Bevin op Facebook in ’n inskrywing wat sedertdien meer as 42 000 gedeel en 58 000 reaksies ontlok het.

Kyk ook:Is jy een van die hand vol kreatiewe mense wat dié optiese illusie kan uitpluis?

“Is dit die rots-ding? Is dit ’n skilpad se kop of iets? Ek kan niks anders sien nie,” het Jade Jaydock geraai.

Nee, probeer weer.

“Kyk net na waarna jy aanvanklik heel eerste gekyk het,” is Arron se raad. Sien jy nog steeds niks? “Moenie heeltemal inzoem nie. Dis baie lank. Dis nie klein nie.” As jy dit eers gesien het, sal jy dit nie weer miskyk nie.

Lees ook op Huisgenoot.com:

So gaan dit deesdae met Gerhard Steyn se vroeggebore babadogter

Meisie smeek om na selfdoodkliniek geneem te word elf jaar ná geheimsinnige goggabyt

Die smeulende Justin Serrao se weergawe van Kinders van die Wind sleur luisteraars mee

Foto van ’n pa wat sy siek seun troos word herhaaldelik van Facebook verwyder