Die Suid-Afrikaanse weerdiens waarsku teen swaar neerslae en moontlike oorstromings wat dele van die land dié naweek kan tref. Veral oor Gauteng gaan die hemelsluise na verwagting wyd opgetrek word.

Die weerdiens voorspel ’n 60-persent-kans op reën- en donderbuie oor die land se kleinste provinsie.

Intussen kan inwoners van die westelike streke van KwaZulu-Natal en die Noordoos-Kaap hulle ook regmaak vir donderbuie vanaf laat Vrydagmiddag. Terselfdertyd waarsku die Suid-Afrikaanse weerdiens die noordooste van KwaZulu-Natal kan weer gebuk gaan onder ongemaklike warm en vogtige toestande. Verspreide buie en donderbuie word ook oor die Vrystaat, Mpumalanga, Noordwes en Limpopo verwag. ’n Matige tot fris westewind word oor die suidwestelike kusgebiede van die Wes-Kaap voorspel, wat later Vrydag suidwes kan swaai. ’n Wolkbreuk het Donderdag ’n talle oorstromings in die suide van Johannesburg veroorsaak.

Volgens EWN het ’n kitsvloed gister ’n 14-jarige meisie in Soweto meegesleur. Daar word nog na haar gesoek nadat sy op pad huis toe van die skool af in ’n stormwaterpyp beland het.

Bronne: ewn.co.za, netwerk24.com, weathersa.co.za