Stephanie Barnard, wat in 2011 Huisgenoot se Charlene Wittstock-ewebeeld-kompetisie gewen het, was reeds vier weke swanger toe sy en haar man, Jacques, na Frankryk en Monaco vertrek. Sy het dié reis in die kompetisie gewen.

In daardie stadium het die Barnards gedink dis net een babatjie. Maar pas terug uit Monaco het Stephanie baie sleg gevoel en het Jacques met haar hospitaal toe gejaag. Pleks van slegte nuus kry hulle toe die fantastiese tyding dat Stephanie ’n tweeling verwag. “Dit moet iets in Monaco se lug wees,” sê Stephanie.

Hul dogtertjies, Carli en Luca, is op 3 April 2012 gebore.

[post-slider]

Stephanie sê sy was baie verras om te hoor haar ewebeeld verwag nou ook ’n tweeling. “Ek sou haar graag raad wou gee om genoeg hulp te kry, maar ek glo nie ’n prinses het eintlik ’n tekort daaraan nie,” sê sy.

- Alet van Zyl