Na afloop van die vonnisoplegging het die regter Koekemoer bemoedig. “Jy moet die regte medikasie in die tronk gebruik. Daar is hoop.”

Die werklose ma het haar negejarige dogter, Michelle, met ’n tou verwurg. Aanvanklik het Koekemoer ’n verklaring afgelê waarin sy inbrekers blameer het vir haar kind se wurgdood.

Sy het Michelle glo op 9 Junie vanjaar dood in haar bed in die Periston House-woonstelle in Helena Lochnerstraat in SW1 aangetref. Koekemoer het voorts beweer sy het self met ’n tou om haar nek wakker geword. Maar op 11 Augustus het sy skuld beken aan die wurgmoord op haar dogter.

Op Maandag 13 Junie het sy ook in die Vanderbijlparkse hof verskyn weens die besit van dagga. Daardie saak is van die rol geskrap.

‘Dit moes ’n tyd geneem het om haar te verwurg,’ hoor hof oor ma wat eie dogter verwurg Maar op 11 Augustus het sy gebieg en erken dit was sy wat haar dogter vermoor het. Tydens sy uitspraak het regter Robert Button Dinsdag gesê die naam Michelle beteken “geskenk van God” in Frans. Hy het terselfdertyd aangedui Koekemoer se ouers het haar in die steek gelaat omdat hulle haar nie bygestaan het nie. So ook haar man. “Hy het sy plig versuim,” het die regter gesê.

Tewis Koekemoer, Michelle se pa, het ook destyds aanvanklik geglo daar was ’n inbraak. Hy en Sonyia is sowat twee jaar gelede uitmekaar. ‘Wurgma’ beken skuld op 9-jarige se moord: ‘Ons weet nie wat om te glo,’ sê stiefpa Soniya se ma voor die aanvang van haar vonnisoplegging.
Ook haar stiefpa, Dawie Viljoen, was vandag teenwoordig.