Dit gons al te lekker in die kuberruim oor wat David Beckham Sondag oor sy en Victoria se huwelik bekend gemaak het.

Die supersexy sokkerspeler en vroulief Victoria het na 19 jaar weer hul huweliksbeloftes hernu.

Dié keer was daar egter niks van die uitspattigheid wat hul eerste troue gekenmerk het nie. Inteendeel, daar was glo net ses mense na die spesiale geleentheid genooi waartydens die twee weer trou aan mekaar beloof het.

Victoria Adams, voorheen van die Spice Girls-groep en deesdae ’n gerekende mode-ontwerper, en Becks het mekaar in 1997 tydens ’n Manchester United-wedstryd ontmoet.

Op 25 Januarie 1998 is dit verlowingstyd.

Die liefde loop sterk en die tonge klap – gaan dit hou?
Kyk net so! Op 4 Julie 1999 beloof Victoria en David vir die eerste keer trou aan mekaar.

#bestcoupleever#happyanniversary#victoriaanddavidbeckham#thelegendcouple

A photo posted by Bahar Pehlivanoglu (@baharle35) on

Meneer en mevrou Beckham – wat ’n mooi paartjie!

Hy skryf hul huwelik toe aan die feit dat hulle daartoe in staat is om deur moeilike tye te werk.

Die paartjie het vier kinders: Brooklyn, 17, Romeo, 14, Cruz (11) en Harper (5).

So het die paartjie destyds by prins William en Kate se troue gelyk.

Becks het voorts tydens ’n onderhoud met die Britse radiostasie Radio 4 gesê dat dit hul gemeenskaplike liefde en begrip vir mekaar en hul kinders is, wat hul huwelik so lank laat hou.

Op 11 September 2016 verskyn Becks langs Anna Wintour tydens vroulief se modevertoning.

Met hul onderskeie loopbane wat hulle besig hou, is dit raar om so ’n pragtige foto van die hele familie saam te sien.

Bronne: mailonline.co.uk, standard.co.uk, mirror.co.uk