’n Bekende Hollywood-akteur het ’n video van ’n blinde Suid-Afrikaner se optrede in The Voice op sy Facebook-blad gedeel.

Dit het daartoe gelei dat Vernon Barnard (22) wêreldwyd steun gekry en Suid-Afrikaners se bors van trots geswel het.

Die Amerikaanse akteur Ashton Kutcher het Dinsdagaand ’n artikel met die videogreep van Vernon se optrede met sy meer as 17 miljoen aanhangers gedeel.

Dié episode van Vernon het wyd reaksie ontlok op die Suid-Afrikaanse weergawe van The Voice toe die sanger Bobby van Jaarsveld in trane uitgebars het oor sy roerende optrede.

Lees ook: Kyk: Sexy Bobby slaan asems weg met Engelse musiekvideo

Dit was die Kapenaar se oudisieoptrede en Bobby het hom summier deel van sy span gemaak. Kutcher se aanhangers het sy sentiment gedeel en gou kommentaar gelewer op Vernon se optrede. Suid-Afrikaners wat Kutcher volg, het met verwondering en blydskap gereageer.

[caption id="attachment_120809" align="alignnone" width="600"]Foto: Skermgreep / Facebook Foto: Skermgreep / Facebook[/caption]
“Trots Suid-Afrikaans! Vernon is so inspirerend en Bobby van Jaarsveld gaan die beste afrigter wees. Dankie, Ashton Kutcher, dat jy hierdie gedeel het. Go Bobby van Jaarsveld en Vernon,” skryf Rita van Schalkwyk van Randburg op Kutcher se Facebook-blad.

Vernon se niggie Biancé van Rensburg Fourie het dit ook op Facebook gedeel en gesê: “Daardie oomblik as jy sien Ashton Kutcher, die Hollywood akteur, post jou neef se video op Facebook.”

[caption id="attachment_120808" align="alignnone" width="600"]Foto: Skermgreep / Facebook Foto: Skermgreep / Facebook[/caption]

Lees ook: Karen Zoid en Anneli van Rooyen saam op verhoog – ‘ek is skoon benoud,’ sê Anneli

Karen Zoid het ook gereageer en met blydskap en verbasing die nuus met haar aanhangers gedeel.

[caption id="attachment_120811" align="alignnone" width="600"]Foto: Skermgreep / Facebook Foto: Skermgreep / Facebook[/caption]

“So Ashton Kutcher, ja, die Hollywood-akteur Ashton Kutcher, het Vernon se video op sy Facebook-blad gedeel. Yay Suid-Afrika! Yay- Strand! Yay Vernon! Yay The Voice SA.”

Vernon het aan Netwerk24 gesê hy was verras deur die inskrywing.

“Ek kan nie glo dit strek so ver nie. Ek is regtig net dankbaar. Dit is amazing dat mense omgee. Ek is eintlik speechless. Dit is moeilik om woorde te vind, maar ek is dankbaar, ek is bly as mense iets daarin (die oudisievideo) kan vind,” het hy gesê.

– Jacques Myburg

Ander stories op Huisgenoot.com:

Petrolprys kan met 70c/liter styg, sê ekonoom

‘Boeremeisie’ Minki van der Westhuizen kry Britse burgerskap

Vrou praat oor Brussel-bloedbad: ‘Ek het foto’s geneem, ek’t nie geweet hoe om mense te help nie’

Fotograaf praat oor die oomblik toe leeus sy GoPro-kamera steel en selfies begin neem!

Kyk: Elfjarige rakker se pretrit eindig agter tralies