Helen Zille, DA-leier, het Dinsdag dié aankondiging by 'n nuuskonferensie in Kaapstad gemaak.

Zille het ook gesê dat Agang as party by die DA geïntegreer sal word.

"Vandag herdefinieër ons die manier waarop politiek in Suid-Afrika bedryf word," het Zille gesê.

"Dit is die einde van een reis en die begin van miljoene ander."

Bronne: Beeld, Sapa, Twitter