matriekuitslae

Angie sal tydens ’n regstreekse televisie-uitsending die nasionale slaagsyfer aankondig. Matrikulante, behalwe diegene in die Wes-Kaap, sal tot middernag moet wag vir hul uitslae om op die departement se webtuiste beskikbaar te wees. Uitslae is ook op Netwerk24 vanaf 06:00 Woensdag by matriekuitslae.netwerk24.com beskikbaar.

Leerders in die ander agt provinsies sal hul uitslae kan sien en hul matrieksertifikate by die skool vanaf 08:00 Woensdagoggend kan afhaal.

Die moniteringsliggaam Umalusi het reeds gewaarsku dat die nasionale slaagsyfer laer sal wees as die klas van 2014 se 75.8%.

Lees ook: Vyf kleinseuns neem hul oumas na die matriekafskeid

Hoewel die uitslae aanlyn beskikbaar sal wees, wil die departement hê dat leerders ’n paar uur moet wag en hul uitslae in persoon by hul skool moet kry. Dit is sodat hulle nie alleen is nie en dat leerders wat swakker gevaar het as wat hulle gedink het of gedruip het, toegang tot sielkundige ondersteuning sal hê en ook die kans om weer te probeer.

Lees ook: Wat dink julle oor jou kind se loopbaan

Enigeen wat gedruip het of ongelukkig is met hul uitslae sal berading ontvang en oor die department se program Second Chance ingelig word, het die departement se woordvoerder Elihah Mhlanga gesê.

“Hulle moet weet dat, anders as vorige jare, het ons dié keer ’n toegewyde program om seker te maak dat jy voor die einde van die jaar jou sertifikaat ontvang. Ons gaan jou ondersteun.”

Daar sal Donderdag meer inligting wees oor Second Chance en leerders wat daaraan wil deelneem.

Altesaam 674 232 voltydse en 127 456 deeltydse matriekkandidate het ingeskryf om die eksamen af te lê.

Angie het op die departement se webtuiste gesê die merkproses het glad verloop by al hul 121 merksentrums met sy 49 000 merkers.

Bron: News24