In die 2010-eindstryd het die Haaie met 30-10 in Durban gewen en Patrick Lambie is as speler van die wedstryd aangewys. Die Haaie-losskakel het 25 van sy span se punte aangeteken, met hierdie drie as hoogtepunt:

Verlede jaar was dit die Kaapse span se beurt om die Curriebeker omhoog te lig, nadat ’n jong span dit reggekry het om die Haaie op hul tuisveld in Durban te klop. Die eindtelling was 25-18 en die WP-senter Juan de Jongh se drie kort voor rustyd was op die ou end deurslaggewend. Kyk hier na dié drie (en Juan se unieke feesvieringe daarna!)

Wie dink jy gaan dié naweek die held wees op Nuweland?

-Suzaan Hauman