Hierdie jaar is dit die Haaie se beurt om buiteperde te wees – die span van Natal het sy laaste drie wedstryde teen die Streeptruie verloor en sal op Nuweland moet wen as hulle die Curriebeker omhoog wil lig. Hier is ’n paar interessante biltong-feite om jou pelle mee te beïndruk as julle môre regskuif vir die groot wedstryd:

- Die WP het die Curriebeker al 32 keer verower, en die Haaie 6 keer:

cc meeste eindstryd

- Die Westelike Provinsie het in 2001 laas op Nuweland gewen. Cheslin Kolbe, die opwindende WP-vleuel was toe net 8 jaar oud!

- Dit is die 12de Curriebeker-eindstryd wat op Nuweland gespeel gaan word.

cc stadions

- Dit is die 6de eindstryd tussen die Haaie (voorheen Natal) en die WP

1984: WP wen 19 – 9, op Nuweland

1995: Haaie wen 25 – 17, in Durban

2000: WP wen 25 – 15, in Durban

2001: WP wen 29 – 24, op Nuweland

2010: Haaie wen 30 – 10, in Durban

2012: WP wen 25 – 18, in Durban

- Toe die Haaie die 2010-eindstryd teen die WP gewen het, was Patrick Lambie die speler van die wedstryd. Hy het 25 van die span se 30 punte aangeteken!

Ander spelers met baie punte in ’n eindstryd:

cc meeste punte

Kyk hoe vinnig het dinge in dié Curriebeker-wedstryde gebeur. Sal daar Saterdag weeer aksie wees so kort ná die afskop?

cc vinnigstes

Kyk hier na videos van die helde van die 2010- en 2012-eindstryde tussen die WP en die Haaie.

  • Gaan jy dié naweek Nuweland toe om die rugby te kyk? Stuur vir ons jou foto’s na web@huisgenoot.com.