Sara (44) het vandag ’n hof in Los Angeles genader om ’n skeisaak aanhangig te maak. Onversoenbare verskille is glo die rede vir die skeiding.

Die paartjie was hoërskoolliefies voor hulle in 1994 afgehaak het. Hul oudste kind, Spencer, is in dieselfde jaar gebore. Hulle het ook nog ’n seun, Mason, en ’n dogter, Piper, wat albei minderjarig is.

Sara soek nou gesamentlike en fisieke toesig. Volgens dokumente gaan daar later bepaal word hoeveel die Jerry Maguire-ster moet opdok om sy kinders te onderhou.

Die nuus het ons beslis onkant gevang, veral omdat Cuba (46) verlede jaar op die kletsprogram The View gekoer het oor hoe wonderlik sy huwelik is en hoe gelukkig hy is. Tog het hy ook geskerts: “Ek wil haar soms vermoor.” Geen wonder almal krap nou kop oor wat vir die paartjie skeefgeloop het nie.

BRONNE: TMZ.COM, HOLLYWOODLIFE.COM, DAILYENTERTAINMENTNEWS.COM