Victoria het gister ’n video van Cruz op die sosiale netwerk Instagram geplaas waarin Cruz die hip-hop-kunstenaar Twista en Faith Evans se bekende liedjie Hope sing. En die jong mannetjie is ook nie skaam nie!

Super cute Cruz!! @davidbeckham @brooklynbeckham #proudmummy X vb

A video posted by Victoria Beckham (@victoriabeckham) on

Cruz slinger rond in die kort video wat sy trotse ma gedeel het.

“Super oulik, Cruz!” het Victoria, wat deesdae haar lyf modemagnaat hou, daarby geskryf. Sy het ook die hutswoorde #proudmummy bygevoeg.

Lees ook: ‘Alles wat ons doen, doen ons saam’ verklap Victoria Beckham oor manlief David

“En dan onthou jy sy ma was ’n Spice Girl! So bly hy het sy ma se gene geërf,” skryf een aanhanger.

“Is daar enigiets wat hierdie gesin nie kan doen nie?” het ’n ander bygevoeg.

Sommige meen ook hy klink in die video nes die Kanadese popsanger Justin Bieber.

Cruz se oudste broer, Brooklyn (17), is gek oor fotografie en het al fotograaf gespeel vir ’n veldtog vir die Britse handelsmerk Burberry.

Lees ook: Beyoncé se krulkop Blue Ivy se verjaardagpartytjie so reg uit ’n sprokie

Die 13-jarige Romeo is ’n kranige tennisspeler en die jongste van die kroos, Harper (4), geniet kuns.

Die Beckhams deel gereeld meer oor die res van hul kinders se stokperdjies en dit waarvan hulle hou, maar selde iets oor Cruz. Nou weet ons ook wat Cruz eendag wil doen . . .

BRONNE: HARPERSBAZAAR.COM, MIRROR.CO.UK, INSTAGRAM

Ander stories op Huisgenoot.com:

‘Wat ’n verligting!’: FW se skoondogter na byna ’n dekade se sukkel eindelik geskei

Albertonse ma van vroeggebore baba smeek die Here vir ‘net ’n bietjie asem’ in haar lyfie

Hiert jy! Daar ontluik nóg ’n Schumacher in ’n gedugte spoedvraat

Pragfoto’s: Die sprokiesverhaal van prins Rainier III en die beeldskone Grace Kelly se lewe saam

Kyk: Ratse sjimpansee ‘cha-cha’ op kragdrade ná sy ontsnapping