Cressida Bonas se verhouding met prins Harry raak nou glo ernstig.

’n Bron na aan Cressida het aan Mail Online verklap die Bonas-familie kom binnekort bymekaar om ’n verlowing te bespreek. “Die aankondiging gaan gouer wees as wat mense verwag,” sê die bron.

Harry wil Cressida ook glo graag in die somer na die Skotse paleis Balmoral neem. Dit sal die eerste keer wees dat Cressida dié paleis besoek, en sy en die koningin sal mekaar die eerste keer ontmoet.

Catherine, die hertogin van Cambridge, het kort voor haar verlowing aan prins William in 2010 ook besoek afgelê aan dié paleis.

Lees hier wat ons eie koninklike kenner dink oor Harry en Cressida se verhouding.

Bron: DailyMail.co.uk