Dit het gegons dat die 29-jarige prins en Cressida gaan trou nadat hulle ’n rits openbare verskynings saam gemaak het, maar die 25-jarige voormalige dansstudent wil minstens 12 maande wag voor sy verloof raak; sy geniet glo haar nuwe werk in teaterbemarking en om saam met ’n pel te woon.

“Cressida is baie besig het en baie om te doen,” het ’n bron gesê. “Sy dink nog nie aan trou nie. Sy het pas met ’n nuwe werk begin waar sy die gewone salaris vir iemand van haar ouderdom verdien – met ander woorde peanuts – en sy het ’n woonstel gekry wat sy saam met haar vriendin, Daisy, deel. Sy doen al die dinge wat mense in hul 20’s behoort te doen.

“Wie weet wat dalk teen volgende jaar gaan verander, maar dit is hoe sy nou dinge wil hê. Sy wil nie daardie hoofstuk misloop nie – sy is nie daardie soort meisie nie. Maar haar ma is in die wolke en sou graag wou hê hulle moet verloof raak.”

Cressida, wat al twee jaar met die prins uitgaan, dink glo sy is te jonk vir trou. “Toe Cressida se goeie vriendin Missy Percy onlangs aan een van Harry se beste pelle, Tom van Straubenzee, verloof raak, was sy baie bly vir hulle omdat hulle al ’n paar jaar saam was,” het die bron aan die Mail on Sunday gesê. “Maar sy het gesê Missy was net 25 en sy dink dis baie jonk.”