Hierdie romerige nagereg is die perfekte afsluiting vir enige gereg.

Creme-Brulee-with-a-Kick

(Genoeg vir 4-6 mense) 

Jou benodigdhede:

500 ml (2 k) vars room

5 ml (1 t) vanieljiepeule

75 g strooisuiker

6 eiergele

bloubessiegeur-Lindt-sjokolade

melktertgeur-roomys

Giet die room en vanieljepeule in ’n kastrol en roer oor lae hitte tot dit kookpunt bereik. Verwyder van die hitte en roer en laat afkoel, sowat 5 min. Sit weer ’n paar minute op die hitte en roer steeds. Meng die eiergele en strooisuiker in ’n hittebestande bak tot donsig. Meng die room stadig by terwyl jy deurentyd roer. Let wel: Moenie al die room op een slag inroer nie; die eiergele sal gaar word. Sif die mengsel in ’n beker. Kook ’n ketel water en giet dit in ’n groot bakplaat sodat jy die kleiner crème brûlée-bakkies kan bysit. Doen dan die volgende: Giet die mengsel in kleiner koppies (sowat driekwart vol) en sit dit in die groter bak vol water. Bak 45 min. teen 180 °C. Verwyder dan van die hitte en laat afkoel. Smelt die sjokolade in ’n hittebestande bak ook ’n pot kookwater en laat dan afkoel. Giet die sjokolade oor die gebakte crème brûlée en laat afkoel.

Bedieningsvoorstel: 

Sit voor saam met melktertgeur-roomys en droëvrugte.

Resep: Your Little Blog

Resepontwikkeling: Jaun Laubscher

Foto’s: Vörsprung Studio

Besoek Checkers vir nog heerlike resepte.