Tog moet die manne maar versigtig wees wanneer die vrou besluit om beheer oor te neem, want in ’n onlangse studie is bewys dat die posisie waarin die vrou bo is, wat as die “cowgirl”-posisie bekendstaan, glo vir meer as die helfte van penisfrakture verantwoordelik is.

In die studie, getiteld Advances in Urology, wat verlede jaar gepubliseer is, sê helfte van die mense wat daaraan deelgeneem het dat hulle ’n kraakgeluid tydens die besering gehoor het en dat pyn en swelling daarna gevolg het.

Altesaam 44 vermoedelike penisfrakture is die afgelope 13 jaar in hospitale in Brasilië bestudeer en 42 van die voorvalle is bevestig. Die voorvalle is geëvalueer om te bepaal wat die oorsprong was.

Van die getal deelnemers het 28 van die mans heteroseksuele seks gehad, ses was betrokke by penismanipulasie en vier het homoseksuele seks gehad. Dit was onduidelik hoe die orige vier mans beserings opgedoen het.

Tog word daar ook genoem dat penisfrakture baie seldsaam is.

Bronne: Hindawi.com, Dailymail.co.uk