Simon Cowell, een van die beoordeelaars op die realiteitsprogram, American Idol het gesê hy gaan in Maart vir die Fox TV-program groet om sy eie sangkompetisie aanstaande jaar op die been te bring.

Teken in op Huisgenoot

Cowell, een van die mees magtigste entrepreneurs in realiteitstelevisie, het alle bewerings gestaaf dat hy ‘n Amerikaanse weergawe van sy Britse program, The X Factor in 2011 na News Corp toe bring.

Cowell (50), wat bekend is vir sy sarkastiese aanmerkings, was een van die groot faktore wat ‘n rol gespeel het in American Idol se ses jaar lange sukses.

Hy het gesê hy gaan self as ‘n beoordeelaar, maar ook as ‘n uitvoerende regisseur vir The X Factor optree.

Sowat 49% van die program se aanhangers het in ‘n peiling gesê hulle sal nie meer vir Idols kyk as Cowell weg is nie.

Die jongste American Idol-reeks begin Sondag 17 Januarie op M-Net.

Vir meer oor hierdie storie besoek Nuus24.com.

Op die internet

- www.americanidol.com

Kyk hierdie videogreep van hoe giftig Cowell kan wees...