Haar kis is met wit rose versier en haar ma, Juanita Pieters, het deurentyd gehuil terwyl sy haar dogter vir oulaas gegroet het.
Dan Plato, Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, het die diens bygewoon en gesê gemeenskappe moet bymekaar kom in sulke tye.

Courtney se liggaam is verlede Saterdag in Bofors-sirkel in die nywerheidsgebied Epping gevind. Sy is op 4 Mei as vermis aangemeld.

Mortimer Saunders (40), ’n familievriend, is vir haar moord en verkragting in hegtenis geneem.