Op 22 het hy ’n leeftyd se ervaring van liedjies skryf, en was die openingsanger van Taylor Swift se Speak Now-toer.

Meer onlangs het hy gesing op The Late Show with David Letterman, Good Morning America, Late Night with Jimmy Fallon, The Talk, E! News en The Ellen DeGeneres Show.

Hunter sê van verhoogoptredes:

  • “Daar is ’n energie aan optree voor ’n gehoor. Dis waar ek myself is. Daar is niks so eerliks soos my optredes nie. Dis waarvoor ek elke dag leef.”
  • “Wanneer ek op die verhoog is, is dit my tuiste. Dis my element, en ek is nie meer skaam nie. Dis waar ek gemaklik is. Om elke aand op te tree is waarvan ek nog altyd gedroom het.”

Kyk na hierdie video van Hunter Hayes en Taylor Swift.

Faiza Mallick

Bronne: youtube.com, justjared.com, hunterhayes.com