Cory Monteith wou hê sy vriende moet gelukkig wees.

Die Glee-akteur is in Julie aan ’n oordosis dwelms dood, en sy medester Darren Criss sê die akteurs het “weer begin glimlag”.

Hy sê in die Oktober-uitgawe van Cosmopolitan: “Soos ek op (die geselsprogram) Conan gesê het, tel ons weer die stukkies op.

“Cory was lief vir die lewe en wou hê sy vriende moet gelukkig wees; dus is dit net reg dat ons weer begin glimlag.

“Dis iets wat hy sou wou hê. Ek is so gelukkig dat hy so baie lewens kon aanraak, en dat ons almal so gelukkig was om hom te hê.”

Darren, wat die rol van die ooglopend gay karakter Blaine Anderson vertolk, het gesê dat hy nie nodig het om sy heteroseksualiteit in die regte lewe te beklemtoon om vir sy akteursrol te vergoed nie.

Hy het verduidelik: “Nee. Ek weet wie ek is. Ek voel jammer vir ouens wat hul spiere moet wys.

“Maar haai, as dit is hoe jy jouself as ’n man goed laat voel; solank dit niemand pla nie, doen dit.

“Dis reg met my as jy ’n Miata kry om soos ’n man te voel, moet net nie simpel wees daaroor nie.”