Cory Monteith het voor sy dood twee bottels sjampanje uitgedrink.

Die Glee-ster is op 13 Julie dood aangetref in sy hotelkamer in Vancouver. Hy het waarskynlik gesterf aan ’n oordosis heroïen en alkohol omdat sy weerstandsvermoë laer was nadat hy in April in ’n rehabilitasiesentrum behandel is.

Die skinderwebtuiste TMZ.com het die finale lykskouingsverslag bekom oor Cory se tragiese dood. Hy het rol van Finn Hudson in die musiekreeks Glee vertolk. Daarvolgens het nooddienste ’n lepel met dwelmreste en ’n gebruikte spuitnaald langs die 31-jarige akteur se lyk gekry. Daar was ook twee leë sjampanjebottels.

Die oorsaak van sy dood is amptelik aangegee as “gemengde dwelmvergiftiging, wat die binneaarse gebruik van heroïen saam met die inname van alkohol behels”.

In die verslag word erken Cory “het ’n geskiedenis van onwettige dwelmgebruik met afwisselende tye van rehabilitasie en die weerhouding van dwelms”. Sy weerstand teen dwelms was waarskynlik laer omdat hy ná behandeling in ’n rehabilitasiesentrum in April opgehou dwelms gebruik het.