1. Die Gleeks het gehore wêreldwyd verower met hul vars gesiggies in hul loodsepisode met hul weergawe van Don’t Stop Believin’ en Finn en Rachel het gewys waarom ons almal so lief geraak het vir hierdie trefferpaartjie en die talle duets en TV-oomblikke wat sou volg.

2. Hulle was ons geliefde Glee-paartjie. Toe Finn dus ’n opmerklike stil Rachel om haar hand vra, was ons almal stomgeslaan en in ekstase!

3. Een van die beste oomblikke was waar Cory sy talente vertoon het deur die toon aan te gee met die Glee-groep se weergawe van Coldplay se The Scientist. 

4. Alhoewel net Rachel sing in Without You in hierdie sleutel-Glee-oomblik, vang dit vas hoe ons almal voel oor die verlies van Cory,  een van die hoof-Glee-sterre wat helder op ons TV-skerms geskitter het.

5. Die vonke het omtrent tussen hierdie twee op die TV-skerm gespat en het vir van die beste duets in die reeks gesorg. Dit was heel moontlik ’n maklike taak vir die paartjie wat ook in werklikheid uitgegaan het. Hier is hulle laas op 8 Junie in Los Angeles afgeneem. Hul duet van We’ve Got Tonight is een van ons gunstelinge!

6. Ná ’n argument met sy toekomstige stiefbroer, besluit Finn om ’n liedjie aan sy broer op te dra tydens hul ouers se troue. Hy dring selfs aan op ’n dans! Die soete Just the Way You Are is juis die rede waarom ons so lief vir Cory was.

7. Wanneer hy vir Rachel sê “Ek is lief vir jou” net voordat hulle Faithfully tydens die afdelingskompetisies sing!

8. Een van die vele kere waarom Finn ons dikwels in trane gehad het, was danksy sy opregte sang en sy vermoë om sy beloftes te hou... I’ll Stand by You

9. Cory Monteith was dierbaar verby op die Ellen Show, waar hy verlede jaar as gas opgetree het. “Ons lewe het verander danksy die vertoning,” het hy aangekondig en toe aan die Ellen-gehoor onthul dat hy en Lea ’n romanse het . . . kyk hier: (wenk – ons kry ook ’n  glimp van Cory in ouma-broekies! )

10.Hier is Cory Monteith se eerste oudisie vir Glee. Sy vreemde oudisie het vir hom die rol losgeslaan van die gewilde Finn Hudson.

-Faiza Mallick

Ekstra bronne:buzzfeed.com, youtube.com