Dit was die enigstecgeheim waarvan hul aanhangers nie moes uitvind nie; die enkele ding wat hulle tot elke prys van musiekliefhebbers wou wegsteek.

Rudi Claase en Corlea Botha van Ons Lieflinge-faam het vas geglo hul musiekloopbaan sou verby wees as die publiek ooit moes uitvind Rudi is met ’n man getroud...

Dit sou die einde van die sprokie wees, het die Lieflinge geglo, die einde van die wenresep waarmee hulle binne ’n jaar by die 160 000 CD’s verkoop het.

Hul aanhangers wóú immers glo daar’s ’n liefdesvonk tussen Rudi (27) en Corlea (23), en die belofte van romance was een van die trekpleisters wat derduisende mense die afgelope jaar na die volgepakte sale gelok het.

As mense ooit moes besef die elektrisiteit tussen die Lieflinge was blote toneelspel, sou die prentjie aan skerwe spat... So het hulle geglo.

Maar toe lek die nuus enkele dae gelede uit, en die storie versprei soos ’n veldbrand: Rudi is op 8 Maart vanjaar in die Pretoriase landdroshof met sy bestuurder, Stephen Stewart (28), getroud. Dié is einde verlede jaar ná ’n huwelik van vier jaar van sy vorige man, OJ Stewart, geskei. ('n Sondag-poniekoerant het die nuus gebreek.)

Maar toe die waarheid uiteindelik op die lappe kom, het dit Rudi die hardste van almal getref.

“Hy is emosioneel en platgeslaan en baie depressief,” sê ’n goeie vriend. “Rudi vat dit ongelooflik sleg . . . Dit gaan

sleg.”

’n Kennis het dit bevestig.

Dié het gesê Rudi ly aan bipolêre gemoedsteurnis. Hy sukkel met depressie. en drink “die sterkste medikasie moontlik” om hom deur dié tyd te dra.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 16 September en hoe besorgde vriende Rudi ondersteun. 

Op die internet:

http://www.lieflinge.co.za