HULLE was net langer as ’n jaar lank ’n paartjie toe die meisie met die nagtegaalstem vir hom kom vertel sy vermoed sy is swanger.

Wat daarna gebeur het, was die bron van baie trane.

Tog, die tyd gaan verby, en die verlede vervaag en verdwyn – of so het al die betrokkenes geglo.

Maar toe, begin vandeesmaand en midde-in ’n baie moeilike tyd in Corlea Botha se loopbaan, bars die bom: ’n Sondagkoerant onthul dat die sangsensasie van die Lieflinge op 16 jaar ’n aborsie ondergaan het.

Toe die tiener destyds haar kêrel, Tommy Vermaak, van haar vrees vertel, het hy haar dadelik na ’n kliniek geneem net om seker te maak.

Die uiteinde was die aborsie wat nou, te midde van ernstige struwelinge tussen Corlea en haar sangmaat, Rudi Claase, op die lappe gekom het.

En vir die eerste keer ná daardie hartseer tyd sewe jaar gelede vertel Tommy nou self van die gebeure wat al so lank by hom bly spook.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 10 Maart 2011