Die Suid-Afrikaner Bongmusa Mthembu het as die 2017 manswenner weggestap terwyl die Amerikaner Camille Herron as vrouewenner van 2017 weggestap het.

Dit sal Mthembu se tweede Comrades-titel wees. Hy het in 2014 ook as wenner weggestap. Hy het vanjaar in ’n tyd van vyf ure, 35 minute en 34 sekondes die wedloop voltooi.

In ’n roerende oomblik het Mthembu se seun vir hom met ope arms by die eindpunt gewag.

Camille Herron het die wedloop in ’n tyd van ses ure, 27 minute en 35 sekondes voltooi.

Vir ’n oomblik het dit gelyk asof Herron gedink het sy is klaar met die wedloop, toe ’n barmhartige samaritaan haar op die skouer klop en herinner dat sy nog ’n entjie moet hardloop.

Die Suid-Afrikaner Charne Bosman wat verlede jaar die titel gewen het, het vanjaar derde geëindig met ’n tyd van ses ure, 39 minute en 51 sekondes.

Bosman het by die mediakonferensie gesê dat dié wedloop een van die moeilikste dae in haar lewe was.

Hier is van die beste inskrywings wat in die sosiale media verskyn het.

En natuurlik het daar nie net ’n medalje vir een deelnemer gewag nie, maar ook ’n verlowing!

Die prysgeld vir die man- en vrouewenner beloop vanjaar R425 000.