Comedy Central (DStv-kanaal 122) gaan nie meer Gareth Cliff se program uitsaai nie, berig Channel24. Die program, wat gelyktydig aanlyn en op die televisie uitgesaai is, het slegs ’n maand en ’n half – 42 episodes – gehou.

Die aanlyn radioprogram is as ’n eksperiment uitgesaai, maar te min kykers het ingeskakel om dit op die betaalkanaal te “luister”.

Volgens Channel24 gaan die laaste uitsending op Maandag 30 Junie wees. Daarna gaan dit van skerms verdwyn.

DStv het The Gareth Cliff Show in Mei op Comedy Central begin uitsaai.

Volgens Comedy Central was dit ’n wedersydse besluit om die uitsendings te staak. Comedy Central sê hulle gaan steeds met Gareth aan ander projekte werk.

Gareth gaan weer op die kassie te sien wees wanneer die 10de seisoen van Idols op M-Net uitgesaai word; hy is een van die beoordelaars.

LEES MEER HIER

BRON: Channel24