Die hele spul is daar: Clint Brink, Kim Cloete, daai bekkige Terence Bridgett.

Almal coloureds, en hoe dan anders? Die naam van die TVprogram wat die land aan die gons het, is hoeka Colour TV.

Dis half vermaakprogram, half aktualiteit, en hier sien jy tot in die hart en niere van Suid-Afrika se bruin mense.

Duidelik en uiteindelik – so sê hulle mos in die program.

Maar nie almal stem saam dat dit ’n ware prentjie van Suid-Afrika se bruin mense skets nie.Dis pure bog en trouens beledigend, sê baie oor dié program Vrydagaande op SABC2. Nee, dis op die bol en dis hoe ons mense jol, sê ander.

Lees meer oor die debat in die volgende uitgawe van Huisgenoot. 

Volg Huisgenoot op Twitter.