[caption id="attachment_116591" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie: Wikipedia Foto ter illustrasie: Wikipedia[/caption]

“Die bevestiging van hierdie geval hou egter geen risiko vir Suid-Afrikaners in nie, want die virus word nie van mens tot mens oorgedra nie, maar deur die Aedes aegypti-muskiet of van ’n ma na ’n fetus,” het die minister gesê.

“’n Geval van seksuele oordrag (van die virus) is in die VSA bevestig, maar word steeds as baie seldsaam beskou.”

Lees ook: Dit is wat jy oor die Zikavirus moet weet

Die sakeman is by ’n privaat Johannesburgse patologie-laboratorium gediagnoseer. Die nasionale instituut vir oordraagbare siektes doen ’n toets wat die diagnose sal bevestig.

Die minister se woordvoerder, Joe Maila, sê die sakeman het sowat vier dae nadat hy in Suid-Afrika aangekom het koors en ’n uitslag gehad, maar is tans glo ten volle herstel.

Lees ook: Amerikaanse amptenare meld eerste geval aan van die Zikavirus wat seksueel oorgedra is

“Die infeksie is in Colombia opgedoen voordat hy Johannesburg besoek het. Colombia ondervind tans ’n groot uitbraak van die Zikavirus.”

Hy sê die virus is slegs vir ’n kort tydperk in iemand se bloed – gewoonlik minder as sewe dae.

Die persoon wat die virus in hul bloed het sal binne hierdie tydperk met ’n spesifieke subtipe van die Aedes aegypti-muskiet gesteek moet word en dieselfde muskiet sal dan iemand anders moet steek vir die virus om te versprei.

Lees ook: Wat is die gevaarlikste dier ter wêreld?

“Die Aedes-muskiet wat die Zika-virus in Suid-Amerika versprei, dra ook dengue- en geelkoors oor, maar hierdie viruse kom nie in Suid-Afrika voor nie, wat daarop dui dat die plaaslike Aedes-muskiet nie bydra tot die oordrag van die Zikavirus nie,” het Joe gesê.

“Inaggenome hoe gereeld daar tussen Suid-Afrika en talle lande wat tans uitbraak van die Zikavirus beleef, gereis word, is dit waarskynlik dat daar sporadies gevalle van reisigers (met die virus) sal wees – net soos wat talle ander lande ook beleef het.”

Die Wêreldgesondheidorganisasie sê die Zikavirus versprei teen ’n groot tempo in Suid-Amerika en die omliggende gebiede. Die streek kan tot vier miljoen gevalle verwag.

– News24

Ander stories op Huisgenoot.com

Week oue baba oorleef op stortingsterrein

Kyk: Man met vreemde stokperdjie teel insekte vir ’n lewe

Ken jy bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars se regte naam?

Opgewondenheid oor nuwe kankerbehandeling