Big Concerts het aangekondig dat die alternatiewe Britse rockgroep, Coldplay, in Oktober in Suid-Afrika op die verhoog te siene sal wees.

Volgens Channel24 sal die groep op 5 Oktober by die Kaapstad-stadion optree en op 8 Oktober by die FNB-stadion in Johannesburg.

Die sosiale netwerke soos Facebook en Twitter het omtrent gegons nadat die nuus bekend gemaak is.

Die toer sal glo deur 94.5 KFM, 94.7 Highveld Stereo en M-Net aangebied word.

Volgens Musicreview sal die kaartjies vanaf Donderdag 12 Mei omstreeks 09:00 via Computicket te koop wees.

Coldplay is bekend vir hul liedjies soos "Speed of Sound" en "Clocks".

Volg Huisgenoot op Twitter.