Die alternatiewe rockgroep Coldplay het ‘n nuwe musiekvideo in Kaapstad en die Klein Karoo verfilm, het die Kaapse Rolprent-kommissie Maandag aan Sapa gesê.

Die uitvoerende hoof van die kommissie, Denis Lillie, het Donderdagoggend vroeg ‘n oproep ontvang van die groep se plaaslike vervaardigingsmaatskappy, Cinergy Films. Hulle het hom gevra om te help om al die relevante “toestemming” te kry vir die verfilming.

Lillie het die stad en die provinsiale owerhede gekontak en gevra dat hulle die relevante toestemming prioritiseer.

“Die verfilming het Vrydag en Saterdag in en om Kaapstad en die Klein Karoo plaasgevind,” het die kommissie gesê.

Klik hier om meer te lees. 

-Nuus24

Volg Huisgenoot op Twitter.