William (31) sing glo Yellow en Paradise met die hoop om George, wat op 22 Julie gebore is, te laat slaap. Hy word ses keer per nag wakker en hou Carole en Michael Middleton, Catherine se ouers, uit die slaap. Die koninklike gesin kuier tans by die Middletons in Buckleberry.

Iemand in die koninklike binnekring het gesê: “William het geen idee gehad dat dit so moeilik sou wees nie. Hy gebruik ’n bisarre taktiek om alle ure van die nag Coldplay-liedjies uit volle bors te sing, hoewel hy glad nie nootvas is nie. Dit hou selfs sy skoonouers wakker. Coldplay is nie eens sy gunsteling-orkes nie, maar George reageer die beste op hul liedjies, veral Paradise en Yellow. Dit maak hom rustig.”

William gaan kruip soggens weer in die bed om die slaap in te haal wat hy met sy nagtelike serenades verloor het.

Die bron het verder aan die koerant Daily Star gesê: “Wills is teen die oggend gedaan, so hy gaan vir ’n paar uur terug bed toe, terwyl Kate en haar ouers aangaan.”