Aanvanklik is Colbie en ’n aantal ander vroue se grimering en hare perfek – nes in enige musiekvideo. Soos sy die koor sing: “Haal jou grimering af/ Maak jou bolla los / Haal asem/ Kyk in die spieël na jouself/ Hou jy nie van jouself nie?/ Want ek hou van jou” haal sy haar haarstuk uit, verwyder haar vals wimpers en vee haar grimering af tot sy heeltemal grimeringloos voor die kamera is.

Die liedjie is ’n boodskap oor selfaanvaarding en Colbie wil sê jy hoef nie so hard te probeer om iemand te wees wat jy nie is nie.

Colbie het ook nie voor die video geskiet is haar voorkoms probeer ‘verbeter’ nie. “’Try’ is die eerste video waarvoor ek nie voorberei het nie. Het nie in die son gebaai of ’n dieet gevolg of streng geoefen nie…en dit het wonderlik gevoel!” het Colbie op Twitter laat hoor.

Kyk die video hier:

Bronne: Twitter, E! Online, Huffington Post