Die akteur van Fast & Furious het in 2013 op 40 in ’n motorongeluk gesterf. Ná 18 maande van rou, doen sy jonger broer, Cody, sy uiterste bes om al die goeie dinge te onthou wat sy broer gedoen het voor sy lewe kortgeknip is.
Ná 18 maande van rou, doen sy jonger broer, Cody, sy uiterste bes om al die goeie dinge te onthou wat sy broer gedoen het voor sy lewe kortgeknip is.

“(Hy was nie) net ’n man vir motors nie,” het hy aan People Magazine gesê. “Hy was lief vir motors, maar hy was passievol oor so baie dinge; hy was lief vir so baie dinge. (Hy was) veelsydig, (’n) avonturier, spontaan, obsessief-kompulsief. Hy was werklik ’n wonderlike voorbeeld vir my.”

Cody is eintlik ’n paramedikus, maar hy staan nou Paul se skoene vol om sy nalatenskap voort te sit deur handelsmerkbestuurder te word van sy noodleningsorganisasie Reach out Worldwide (Roww). Dié organisasie was altyd na aan die akteur se hart, en sy broer doen sy bes om te verseker dat dit steeds ’n verskil maak.

“Benewens toneelspeel, was sy (16-jarige) dogter (Meadow) en Roww loshande die heel belangrikste goed in sy lewe,” het Cody onlangs by ’n geldinsameling vir Roww gesê. Hy was baie trots op Roww en op die mense met wie hy hom omring het om die span saam te stel. Ek doen slegs my bes om sy visie op koers te hou.

Die werk by die organisasie het Cody laat besef presies hoe baie mense Paul gewaardeer het toe hy nog gelewe het. Die liefde wat ná sy broer se dood op hom uitgestort is, raak nog elke dag die 26-jarige Cody diep.

“Paul was ’n reuse rolprentster en ek dink dat wat ek nooit van hom geweet het nie en wat ek intussen agtergekom het, is die omvang van presies hoe geliefd hy was,” het hy gesê.

“Elkeen wat ooit met hom te doen gekry het, hy het ’n manier gehad om sommer net met mense te praat en elkeen – of hy jou nou pas ontmoet het of nie – te laat voel asof jy die belangrikste mens ter wêreld is.”

© Cover Media