Dit het gelyk of dit goed gaan met die blonde paartjie wat twee weke gelede saam op die rooi tapyt was vir die 2014 Radio Disney-musiekpryse. Hoe het dit dan gebeur dat hulle net 10 dae later uitgemaak het?

Dít is wat talle bronne aan justjared.com gesê het: “Hul verhouding was aan en af en hulle het probeer om dit te laat werk, maar elkeen se vol program het dit moeilik gemaak.”

Wat dink julle? Dis seker nou baie ongemaklik vir Cody om te kyk na Surfboard, sy musiekvideo wat onlangs uitgereik is en waarin Gigi saam met hom speel. Eisj!

-Janine Nel