Die Monuments Men-akteur, ’n berugte poetsbakker, het die prokureur verlede maand tydens aandete by sy huis gevra om te trou, maar hy moes twee keer vra omdat sy gedink het hy maak ’n grap.
'Haar passie, intellek en wilskrag beïndruk hom.'

“Haar passie, intellek en wilskrag beïndruk hom,” het ’n bron gesê. “George was bekommerd iemand anders sou haar opraap as hy nie gou speel nie.

“Toe gee hy haar die ring, en tot sy verligting het sy ja gesê. Maar hy moes haar twee keer vra! Amal het eers gedink dis ’n poets. ‘Gelukkig’ kan skaars beskryf hoe hulle op die oomblik voel.”

Die paartjie beplan glo ’n intieme troue in Italië tydens hul somer; net ’n uitgesoekte paar gaste gaan genooi word.

“Die belangrike mense sal daar wees, maar dis privaat, en dit sal net vriende en familie wees,” het ’n bron gesê.

“Dit het ’n rukkie geduur, maar wanneer George hom tot iets verbind, druk hy deur. Amal is die vrou vir hom.”

Die 53-jarige hartebreker het bedank van sy rol as vredesgesant van die Verenigde Nasies. Vriende sê hy wil saam met Amal, ’n menseregteprokureur, aan ’n nuwe projek werk.

“Hy wil in elke opsig oorbegin,” het ’n bron aan die tydskrif Grazia gesê.

“Hulle beplan nie net om saam te woon nie; hulle gaan ook saam werk. En as ’n span kan hulle onoorwinlik wees.”