Clive (66) het die afgelope tyd aan ’n breingewas gely.

Hy het Indië vroeër vanjaar besoek en robotbestraling vir ’n kankerverwante breingewas by die Health Care Global-hospitaal in Bangalore ontvang.

Die behandeling het skynbaar goed afgeloop, maar Rice het Dinsdag sy stryd verloor.

Clive se loopbaan het direk saamgeval met die isolasie van Suid-Afrika se sport en sy internasionale ervaring is beperk tot die tyd ná sy fleur.

Hy het in drie internasionale eendagstryde gespeel ná die opheffing van die isolasie. Dit was in 1991 teen Indië.

Enkele maande later is hy uitgelaat uit die spanne vir die eenmalige toets teen die Wes-Indiese Eilande en vir die krieketwêreldbeker in 1992.