Die voormalige Protea-krieketspeler Clive Rice (65) het by sy huis in Johannesburg inmekaargesak as gevolg van ’n breingewas.

Volgens Sport24 het die voorval oor die naweek plaasgevind. Ná nog skanderings het die dokters bevind die gewas is so diep in Clive se brein gesetel dat dit nie verwyder kan word nie. Tog gaan hy binne die “volgende paar dae” Indië toe om dit te laat verwyder.

Clive, wat Suid-Afrika in 1991 in drie internasionale eendagwedstryde teen Indië verteenwoordig het, se Facebook-profiel is vol boodskappe ter ondersteuning.