Clint Eastwood se vervreemde vrou het glo versoek haar versoek om te skei moet verwerp word.

Dina Eastwood het onlangs vertel sy en die akteur is middel verlede jaar vriendskaplike uitmekaar. Verlede maand het sy in die Monterey County Superior Court in Kalifornië ’n egskeiding aangevra. Nou het Dina nuwe dokumente by die hof ingedien om die egskeiding te keer.

’n Bron het die skinderwebtuiste RadarOnline.com vertel die oud-joernalis dink nie sy en Clint kan herenig nie. Sy wil net hul fortuin van R3,75 biljoen beskerm.

Nog ’n bron, wat Dina goed ken, het aan National Enquirer gesê Dina is bekommerd Clint (83) bederf sy nuwe meisie, Erica Tomlinson-Fisher, te veel. Erica was getroud met Dina se nuwe liefde, Scott Fisher.

Die persoon het gesê: “Hy het Erica nie net by sy huis in Los Angeles laat intrek nie, maar ook ’n splinternuwe silwer Mercedes-Benz gekoop waarmee Erica in Hollywood rondry.”

Dina en Clint is 17 jaar getroud het het ’n sestienjarige dogter, Morgan.