Clint Eastwood en sy vrou van 17 jaar is uitmekaar, het die skindertydskrif Us Weekly Donderdag berig.

Dina Eastwood (48) het vertel sy en Clint (83) woon al ’n hele paar maande nie meer saam nie. Volgens die berig is hulle op goeie voet uitmekaar in die tyd wat Dina in ’n werklikheidsprogram verskyn het. Die program handel oor hoe sy ’n sanggroep bestuur en bemark.

Clint en Dina het een kind saam, Morgan (16). Die webtuiste TMZ.com het berig Dina is in ’n inrigting vir depressie en angstigheid behandel nadat hulle uitmekaar is.

– Sapa

sapalogo