cliff richard

Cliff beskryf die album as ’n huldeblyk aan kunstenaars soos Elvis Presley, Chuck Berry, Little Richard en Buddy Holly, wat volgens hom van die grootste musikante was. Die album bevat nuwe weergawes van klassieke liedjies soos Teddy Bear (Elvis), Rip it up (Little Richard), Rave on (Buddy) en Wake Up Little Susie (Everly Brothers).

Dit het alles in April 1959 begin toe Cliff sy debuutalbum, Cliff, uitgereik het. Daarop was liedjies soos Whole Lotta Shakin’ Goin’ On en That’ll be the Day. Hy het aanhou albums uitreik, soos Cliff Sings, Me and My Shadows, 21 Today, The Young Ones, 32 Minutes and 17 Seconds with Cliff Richard, Summer Holiday . . . ensovoorts, ensovoorts.

Cliff het in 2011 ’n radiostasie gekritiseer omdat hulle sy musiek verbied het en hulle daarvan beskuldig dat hulle vir die publiek jok omdat hulle hom uit die musiekgeskiedenis vee. Hy het gekla dat dit bewonderaars keer om sy musiek te ontdek.

Die sanger sê hy sal nooit aftree en ophou musiek maak nie. “Ek kan elke vyf jaar iets doen en niemand kan my keer nie; dis heeltemal te lekker. Solank ek nie met ’n Zimmer-loopraam op die verhoog hoef te klim nie, sal ek aanhou.

“Dit was regtig baie lekker om dié album te vervaardig. Om te sing en te ruk en rol is ’n groot opkikker. Dis altyd opwindend en inspirerend om in ’n opnameateljee te wees. Ek dink daar sal in die volgende vyf jaar nog baie van my kom. Ek dink ook graag dat daar ’n volume 2 van The Fabulous Rock ’n’ Roll Songbook gaan wees. Ek is beslis nog nie reg om af te tree nie.”

- Carla Solomons

http://www.qt.com.au/news/sir-cliff-richard-release-100th-album-age-72/2008957/

http://www.dailymail.co.uk/tvshowbiz/article-2410905/Sir-Cliff-Richard-72-shows-signs-slowing-announces-100th-album.html

http://www.theguardian.com/music/2013/sep/04/cliff-richard-100th-album