Niemand is in hegtenis geneem nie en Cliff (73), wat nie by eiendom is nie, het gesê die aantyging is “heeltemal vals”. ’n Polisiewoordvoerder het gesê die aantygings hou verband met ’n seun jonger as 16 jaar. Die voorval het glo in die 80’s in Yorkshire plaasgevind. “Tot nou het ek besluit om nie eens te reageer op die vals aantygings nie; dit sal dit net aanblaas,” het die sanger in ’n verklaring gesê.

'Die polisie het vandag sonder kennisgewing by my woonstel in Berkshire opgedaag.'

“Maar die polisie het vandag sonder kennisgewing by my woonstel in Berkshire opgedaag, behalwe dat die media daaroor gaan berig.

“Ek is nie tans in die Verenigde Koninkryk nie, maar nodeloos om te sê, ek sal my volle samewerking gee as die polisie met my wil praat.

“Buiten om te sê vandag se aantyging is heeltemal vals, sou dit nie betaamlik wees om verder daaroor te praat voor die polisie-ondersoek afgehandel is nie.”

Cliff is ’n week gelede in Portugal opgemerk, waar hy by sy wynplaas ’n konsert gehou het. Hy het ook ’n huis in Barbados.

Luidens berigte bring hy die somer in Portugal deur en die winter in Barbados.

Bronne: Sky News, BBC, Twitter