Speurders deursoek ’n huis wat aan die legendariese sanger sir Cliff Richard behoort oor ’n beweerde historiese seksmidsryf, word daar berig.

Polisiebeamptes is op die toneel in Berkshire afgeneem.

Die BBC berig beamptes ondersoek aantygings van ’n seksuele aard in die 80’s met ’n seun jonger as 16.

Items is uit die huis verwyder, maar niemand is in hegtenis geneem nie.

Sir Cliff is een van Brittanje se suksesvolste en gewildste sangers. Hy het 21,5 miljoen plate verkoop en het twee keer die Verenigde Koninkryk in die Eurovision-sangkompetisie verteenwoordig. Bronne: BBC, Daily Mirror