Hierdie week se Huisgenoot-voorbladster, Cindy Nell-Roberts, en haar man Clive Roberts het op Dinsdag 17 Mei ouers geword van ‘n gesonde babaseuntjie.

Na bewering weeg hulle eersteling, Ethan Keith Roberts, ‘n gesonde 4kg.

Cindy vertel in die huidige Huisgenoot (Uitgawe 19 Mei 2011) dat sy en manlief omtrent die dae afgetel het tot hulle hul seun vir die eerste keer kon vashou.

Cindy was al drie maande swanger toe sy nog haar lyf model gehou het – en dit vir ’n advertensie vir fyn ondergoedjies.

Eers was dit moeilik om aan te pas, veral fisiek, erken sy. “Met my agtergrond as model waar jy altyd ’n nommer 32 is, was dit vreemd om drie groottes groter te wees. Ek het 16 kg aangesit, wat ek beplan om gou af te skud, maar ek gee nie om nie – dis alles om die baba se onthalwe.”

Volg Huisgenoot op Twitter.